“... maar vertoef in die stad van Jerusalem totdat jy toegerus is met krag uit die hoogte.” (Lukas 24:49b)
Gedurende die 10 dae wat tot Pinkster Sondag lei, wil ons jou uitnooi om saam met ons te bid vir Herlewing in 3 rigtings –
Elke dag sal ons 'n gebedspunt vir 10 stede op hierdie Jesaja 19 hoofweg van Kaïro terug na Jerusalem!
Sien hier vir verdere gebedspunte vir elkeen van hierdie stede
Kom ons vra God vir magtige herlewing om in hierdie stede uit te breek volgens God se belofte in Jesaja 19!
Gedurende hierdie 10 Dae, kom ons bid saam vir Joodse ongelowiges regoor die wêreld om hulle Messias, die Here Jesus Christus aan te roep en gered te word!
Ons het elke dag eenvoudige, Bybelgebaseerde gebedspunte in hierdie 3 rigtings verskaf. Ons sal ons 10 dae van gebed afsluit Pinkster Sondag saam met miljoene gelowiges regoor die wêreld wat uitroep vir die redding van Israel!
Dankie dat jy saam met ons bid vir 'n vars uitstorting van die Heilige Gees oor die aarde hierdie jaar in 10 dae van aanbidding-versadigde gebed wat 'n hoogtepunt bereik op Pinkster Sondag!
Vir die oppergesag van Christus in alles,
Dr. Jason Hubbard, International Prayer Connect
Daniel Brink, Jerigo Mure Internasionale Gebedsnetwerk
Jonathan Friz, 10 dae
110 STEDE - 'n Projek van IPC a US 501(c)(3) No 85-3845307 | Meer inligting | Werf deur: IPC MEDIA
110 STEDE - 'n Projek van IPC a US 501(c)(3) No 85-3845307 | Meer inligting | Werf deur: IPC MEDIA